Dissipelskap

Kategese Graad 9-10, Sondag 31 Mei 2020, Ds Ulrich Ohlhoff

Dissipelskap

Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou daar is ook n bespreking op jou whatsapp groep. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!!

Voor jy begin

Word eers stil en bid rustig tot die Here, gesels met Hom oor jou lewe, die week wat verby is, wat in jou hart en gedagtes leef en vra Hom om jou deur vandag se les te leer.

 

Video

Die knoppie hieronder sal jou na Youtube neem waar jy na die video kan kyk:

Skriflesing

Markus 1:16-20

Besprekingsvrae

  1. Verbeel jou Jesus roep jou as dissipel net soos Hy die vissermanne geroep het, wat sal jou reaksie wees?
  2. Wat beteken dit vir jou om ‘n dissipel van Jesus te wees?
  3. Wat is die implikasies van ‘n besluit om Jesus te volg en sy dissipel te word?

 Onthou Jesus wil graag hê dat alle mense Sy dissipel moet wees. Hy wil hê jy moet binne Sy wil leef en Hy wil jou leer om dit te doen. Hy wil jou leer deur die Bybel, deur die Heilige Gees en deur ander gelowiges. Is jy gereed om hierdie pad van dissipelskap aan te pak?

 

Uitdaging vir die week

Lees hierdie week Matteus 5-7 deur. Hierdie was Jesus se eerste preek waar Hy verduidelik het hoe behoort ‘n dissipel wat Hom volg te leef. Skryf neer watter dinge jou opval, skryf neer waaroor het jy vrae en stuur dit op die whatsappgroep.

Graad 9 – 10

Vorige Lesse

Graad 9-10, Sondag 17 Mei 2020

Graad 9-10, Sondag 17 Mei 2020

Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek asook deelneem aan die gesprek

Graad 9-10, Sondag 10 Mei 2020

Graad 9-10, Sondag 10 Mei 2020

Welkom by vandag se les   Skriflesing:  Johannes 3:1-36 Nog inligting om jou te help. Nikodemus  Was ‘n lid van die Joodse Raad, was ‘n Fariseër en dus ‘n man met hoë aansien. Dit sou dus ‘n skande gewees het indien hy sommer openlik na Jesus toe gekom het....

Graad 9-10, 26 April 2020

Graad 9-10, 26 April 2020

Welkom by vandag se les: Stiltetyd. Vir jou om hierdie les bevredigend te vind is dit belangrik dat jy alle elemente van die les sal deurwerk. Kyk die video as inleiding tot jou les en lees daarna die res van die les deur. Stiltetyd Stiltetyd is ‘n baie belangrike...