Wat glo jy? Wat bely jy? Wat leef jy?
Kategese Graad 9-10, Sondag 10 Mei 2020, Ds Ulrich OhlhoffWelkom by vandag se les
Jesus gebruik hierdie storie wat Nikodemus baie goed sou ken om vir hom te verduidelik wie Hy as Jesus is. Jesus gaan ook op ‘n paal gesit word en enige iemand wat na Hom kyk en in Hom glo sal ook lewe kry, ewige lewe!! (vers 15).
Lig
Jesus het as Lig na ons toe gekom. Alhoewel ons in ‘n donker wêreld leef, kan ons gered word van hierdie duisternis, maar dan moet ons die LIG liefhê! Hierdie lig het nie gekom ons te veroordeel nie, maar het uit liefde gekom sodat ons die lewe kan kry, maar dan moet ons in Hom glo!
Blydskap
Johannes word met blydskap vervul wanneer Hy Jesus se stem hoor en hoor wat Jesus alles doen. Jesus word meer en hy minder en dit maak hom baie bly!!
Johannes 3:36: “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe!”
Besprekingsvrae
1. Hoe voel dit dat God vir jou so lief is dat Hy in jou plek kom sterf het?
2. Hoe behoort ons op hierdie liefde te reageer?
3. Wat dink jy op hierdie stadium oor belydenis van geloof?
Uitdaging vir die week
Vind uit watter belydenisskrifte het ons as kerk en stuur jou antwoord vir jou kategese leier.
Gebed
Here, ek wil my lewe vir U gee. Here ek weet ek is nie perfek nie en ek het al foute gemaak,ek is jammer daaroor! Vergewe my asb. Here dankie dat U vir my gesterf het. Here ek wil nou vir U leef, help my daarmee asb.
Graad 9 – 10
Vorige Lesse
Graad 7-10, Sondag 12 Julie 2020
Klere vir die Okkasie Goeie dag en baie welkom by jou kategese les vir vandag. Ons gaan hierdie kwartaal saam met ‘n klomp ander gemeentes hierdie kategese lesse deurgaan. Ons noem dit The Great Colab, want ons werk saam om vir jou goeie inhoud te verseker. Jy gaan...
Graad 9-10, Sondag 7 Junie 2020
Jy is ‘n kind van God
Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek
Graad 9-10, Sondag 31 Mei 2020
Dissipelskap.
Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig…
Meer oor ons
Media
Kontak
Privacy Policy

