Jy is 'n kind van God

Kategese Graad 9-10, Sondag 7 Junie 2020, Ds Ulrich Ohlhoff

Jy is ‘n kind van God

Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou daar is ook n bespreking op jou whatsapp groep. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!!

Voor jy begin

Word eers stil en bid rustig tot die Here, gesels met Hom oor jou lewe, die week wat verby is, wat in jou hart en gedagtes leef en vra Hom om jou deur vandag se les te leer.

Skriflesing

Lees gerus weer die volgende tekste rustig deur.

Jesaja 43:1-2

Psalm 139:13-17

Efesiërs 1:3-5,

1 Johannes 3:1.

Lees ook Johannes 3:16 rustig deur.

God het jou so liefgeha dat Hy vir jou gesterf het, sodat jy Sy kind kan wees.

Besprekingsvrae

1.     Hoe laat dit jou voel as jy weet hoe God oor jou dink?

2.     Wat beteken dit vir jou dat jy n kind van God is?

3.     Hoe kan jy as kind van God gaan leef?

 

Uitdaging vir die week

Skryf jou gunsteling 5 eienskappe van jouself neer. Skryf langs elkeen hoekom jy spesifiek hiervan hou. Skryf ook hoe jy dink God hierdie eienskap in jou kan gebruik om ook vir ander lief te wees. 

Graad 9 – 10

Vorige Lesse