Hoe aanbid ek God?

Kategese Graad 7-8, Sondag 10 Mei 2020, Ds Ulrich Ohlhoff

Welkom by vandag se les: Hoe aanbid ek God?

 

Skriflesing

Eksodus 20:1-11

Hier lees ons van die eerste 4 gebooie. Dit handel alles oor ons verhouding met God en hoe Hy wil hê ons moet Hom aanbid. Opsommend is hierdie vier gebooie:

1. Daar is net een God.

Hierdie gebod leer ons dat daar nie ander gode is nie. Ons weet daar is baie ander godsdienste, maar dit is nie eg nie, want daar is net een God! Ons moet net hierdie God aanbid, deur Sy Woord te lees en tot Hom te bid.

2.  Jy mag nie ander gode aanbid nie.

Hierdie gebod leer ons dat ons nie ander gode ag aanbid nie. Ons weet eintlik is daar nie ander gode nie, maar die gebod wil ons leer dat ons net God moet aanbid. Dit beteken daar mag niks anders in ons lewe wees wat meer belangrik as God is nie. Ons kan dus maklik ander gode skep en hulle aanbid deur iets belangriker as God te maak. Dit kan jou sport, jou vriende, jou selfoon of selfs slaap wees!!

3. Jy mag nie die Here se naam misbruik nie.

Hierdie gebod leer ons dat ons altyd goed moet praat en nooit die Here se naam gebruik as ons Hom nie eer nie. Dit beteken ons mag nie laster nie. Maar die gebod praat ook oor meer as dit. Die gebod wil ons leer om altyd op so manier te praat dat ons God eer, wanneer ons met ons vriende, ons ouers of enie iemand anders praat moet dit suiwer en goeie opbouende woorde wees.

4. Jy moet die sabbatdag heilig hou.

Hierdie gebod leer ons dat om God te aanbid ons ‘n dag uit ons week moet afsonder, waar ons van ons normal aktiwiteite rus en ons aandag net aan God gee. Hierdie is vir baie mense moeilik vandag, maar die wat dit wel doen getuig hoe goed dit vir hulle is.

Besprekingsvrae

1. Gesels kortliks oor hoe hierdie gebooie prakties toegepas kan word in jou lewe.

2. Hoe kan iets in my lewe ‘n afgod word, wat keer dat ek God aanbid en alles tot Sy eer doen?

3. Hoe praat jy oor God? Eer jy Hom deur jou woorde?

 

Week se uitdaging:

Kies iets wat jy hierdie week gaan doen om God op ‘n spesiale manier te aanbid en deel dit op jou whatsapp groep.

Graad 7 – 8

Vorige Lesse

Graad 7-8, Sondag 24 Mei 2020

Graad 7-8, Sondag 24 Mei 2020

Welkom by vandag se les. Die videoboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek.

Graad 7-8, Sondag 17 Mei 2020

Graad 7-8, Sondag 17 Mei 2020

Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek.

Graad 7-8, 26 April 2020

Graad 7-8, 26 April 2020

Welkom by vandag se les: Die 4 Soli's Dit is belangrik dat jy elke gedeelte van hierdie les sal deurgaan. Kyk die video as inleiding en lees daarna die res van die les deur. Die 4 hoekstene van ons geloof Die video was kort, maar het eintlik baie inligting ingehad. Ek...