Om Christus te Ken

Ds Gert Victor - 27 September 2020

DANKOFFERS

Elektroniese Oorbetalings:

NG Kerk Harrismith

ABSA (334633).

Tjekrek. Nr. 910580019

Om Christus te Ken – Alles Verloor om Alles te Wen 

Sondag 17 September 2020 – Ds GD Victor

 

Skriflesing: Filippense 3:7-11

 

Wat is jy bereid om te doen vir iets wat baie waardevol is? Dit hang natuurlik af wat dit is… Soms gebeur dit dat ons die maksimum voordeel uit iets wil kry v/d minste moeite. Dalk wil jy gewig verloor en steeds kosse eet waarvan jy hou. Of dink a/d covit19 situasie… ons probeer die slegste v/d virus vermy met die minste impak op die ekonomie. Of die regering se pogings om staatsinstellings te behou sonder werklike planne in plek… Die punt is ons kan in meeste gevalle nie die beste van 2 wêrelde hê nie. Iéts moet prysgegee word sodat iets anders/beters bereik kan word.

Dis egter nie altyd so eenvoudig nie/ hoe besluit ‘n mens wat is belangriker? Jy weet jy moet jou cholesterol-vlakke onder beheer hou, maar hoe kies jy tussen dít / 2 skaaptjoppies / dik stuk boerbrood met plaasbotter/konfyt? Dikwels moet die een opgegee word v/d ander, en dis nie so maklik nie.

Dalk voel jy jy het te hard gewerk vir iets om dit sommer te laat gaan – selfs nie vir iets anders wat ooglopend ‘n beter opsie is nie. Ons het té hard gewerk om te kom waar ons is / te veel geïnfesteer / moontlikheid om dit prys te gee maak ons angstig/ dalk heel blind vir ander moontlikhde/opsies. 

Paulus kry te doen met dieselfde soort dilemma. In sy ontmoeting met Jesus ontdek hy iets beter wat sy hart totaal aangryp. Maar wat van sy verlede / status as toegewyde Jood / harde werk? Hoe kan hy dit alles net laat los? … En wat van óns? Het jy “iets beter” ontdek in jou verh met die Here? Hoe kan jy/ek Xtus “ken”? Hoe kan ons Hom as “bate” verkry? En wat van dít waarvoor ons dalk só hard werk/ waarde het/ d/d jare “bymekaargemaak” het? Moet ons dit eenkant toe skuif? Hoe kan Xtus ons “enigste bate” wees? 

Paulus sê daar is 1 struikelblok, en solank dit in plek is gaan ons arm bly in ons verhouding met Xtus / waarskynlik geen geestelike groei beleef nie…

Gelowiges in Filippi was hoofsaaklik onbesnede heidene wat tot bekering gekom en in Jesus begin glo het / dus nie Jode nie / is gekonfronteer deur ‘n groep wat baie ernstig daaroor was dat hulle besny moes word om “ware Xtene” te wees. H/d groep (bekend as die Judaïste) het gesê om ‘n goeie Xten te wees moet jy eers ‘n goeie Jood wees / onderwerp a/d wet v Moses om gered te kan word. Paulus verwys na hulle as die “besnydenis party” / sê dít wat hulle propageer is gevaarlik / nonsens! Hy noem dit “’n ánder evangelie” / vra bv. ook v/d gelowiges in Galasië, wat aan h/d beweging toegegee het : “ek wil net een ding by julle weet : het julle die HG ontvang d/d wet van Moses te onderhou, of d/d Ev te glo? Is julle dan só dom? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig?”

Vir Paulus is die besnydenis/ wet/ goeie Jood te wees in konflik met die Jesus-Ev… dit is om te sê : “ek is éérs ‘n Jood en op grond daarvan maak ek aanspraak op God se genade”… Paulus sê dit is ‘n gevaarlike, vals, self- geprakseerde identiteit. v.3 – “ons het die ware besnydenis, ons wat God deur Sy Gees dien, ons wat ons op Xtus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie.” Jou/my geestelike/geloofs-identiteit word nie bepaal deur uiterlike merkers/ tekens nie, maar d/d werk v/d Gees van God binne-in ons.

Dit is wat die gelowiges in Filippi / jy/ek moes/moet verstaan oor die objek van ons identiteit. Hoekom is ons wie ons is? Hoekom is ons gelowiges/ Xtene/ volgelinge v Jesus / mense v/d Weg? …nié omdat ons gedoop is / nagmaal gebruik / kerk toe kom / gereformeerd/calvinisties is / Afrikaners / in Xten- huise grootword / aangeneem/voorgestel word nie… Ons is wie ons is d/d werk v/d Gees van Xtus in ons!

Hoe lyk ‘n Xten? – nie, “wat is ‘n Xten veronderstel om te wees”, nie?… Hoe lyk ‘n Xten? Watter soort identiteit moet ons in ‘n Xten kan sien? Is ‘n Xten patrioties? Behoort hy/sy aan sekere party? Is dit iemand wat nie rook/drink nie? Is die Xten-prentjie wat ons het dié van iemand wat outentiek/ eg/ be-troubaar/ karaktervol/ geloofwaardig is. Stoei ons weergawe/prentjie van ‘n Xten nóóit met depressie/ versoekings/ verslawing/ homoseksualiteit….?

Wat verwag ons van ‘n “Xten” / hoe stem verwagtinge ooreen met die Ev? Wie/wat is die objek van ons identiteit? Dit kan só maklik gebeur dat aller-hande “kulturele/tradisionele/e.a.” merkers/vereistes ons identiteit bepaal. Ons vergeet so maklik om te roem i/d lyding/vernedering/nederigheid/diens- kneg gestalte van Xtus. Ons soek so maklik eer in allerhande dinge waarvan nié één Xtus is nie. 

Is ons identiteit in Xtus? (Weg/Waarh/Lewe)… Paulus is so bietjie moedswillig as hy ons hiermee konfronteer. Hy sê : As Xtenskap bv. beteken jy moet goeie Jood wees, dán is ék die beste Jood/Xten wat daar is. Israeliet. 8ste dag besny. Stam v. Benjamin. Hebreër. Fariseër – ken wet. Vervolger v/d kerk. Volgens die wet = blaamloos… Uitnemende voorbeeld v getrouheid aan godsdiens/kultuur/land/stam/volk/taal. Familiebande dieper as diep… As enigiemand vertroue moes hê in sy Joodse identiteit, dan was dit Paulus. Vóór bekering baie mense op skouer kom klop / gesê : “Mooi so Paulus. Doen so voort.”

Maar hoor wat sê hy in v.7 – “maar wat eers vir my ‘n bate was beskou ek nou as waardeloos t.w.v. Xtus”… “wat eers vir my ‘n voordeel was, is nou (agv my verhouding met Jesus) ‘n nadeel / verlies.” Alles wat hy gedink het ‘n bate was is nou ‘n dooie las / hom weerhou van iets beter / weggehou v/d genade v God. Om Xtus te “wen” moes hy van dit alles ontslae raak…

“ek beskou alles as waardeloos, want om XJ te ken oortref alles in waarde.”

Om Xtus te “ken” is om iemand te ken wat geen waarde heg aan sy eie menslike status/identiteit nie. Ons het verlede Sondag gehoor : “alhoewel Hy i/d gestalte v God was, het Hy nie aan Sy goddelikheid vasgeklem nie, maar Homself verneder d/d gestalte van ‘n slaaf aan te neem…” Ons identiteit is in Jesus se selfloosheid/onselfsugtigheid, en ons kan Hom net volg as ons Sy voorbeeld volg. Dis jy op die troon / óf Hy. Die objek van ons identiteit moet skuif van ons sélf (sekuriteite) na Xtus.

Ek lees artikel van jong man gediagnoseer met leukemia. Enigste opsie vir genesing was ‘n beenmurg-oorplanting, omdat sy eie beenmurg die bron was v/d kanker wat besig was om hom dood te maak. In kort beteken dit dat die pasiënt se eie immuunstelsel vervang word deur dié van iemand anders. Dit is asof iemand anders binne-in die pasiënt begin leef / dat die pasiënt só letterlik ‘n nuwe lewe kry. Sy eie immuunstelsel word tot niet gemaak om plek te maak vir dié van iemand anders. Net deur h/d pynlike plaasvervanging is hy van ‘n sekere dood gered.

Dit is wat ons verh met God in Xtus beteken… Dat ons alles van onsself verloor om alles van Hom te kry. Dink net hoe kan die kerk lyk/ dorp/ land/ kultuur/ verhoudinge/ getuienis as dít gebeur. Natuurlik ‘n pynlike proses… vra dat ons soos Paulus ons eie selfregverdiging prysgee / ons vashou a/d bekende ondersoek / die Gees van Xtus toenemend toelaat om ons te help om die “beter” wat God vir ons in gedagte het te ontdek.

Jesus – “As iemand agter My wil aankom… self verloën/ kruis opneem/ My volg. Elkeen wat sy lewe wil behou… lewe twv My en Evangelie verloor…”

Toe Hy dissipels geroep het moes hulle hulle bote/nette/families agter los…

V/d ryk jong man wat ewige lewe gesoek het – “Gaan verkoop alles en volg my”, maar ook “Ek het gekom sodat jy die lewe kan hê in oorvloed.”

Jesus vra nie van ons iets wat Hy nie sélf gedoen het nie. Hyself het alles verloor om alles te wen / Sy eie lewe gegee vir iets oneindig beter – die eer van Sy Vader / Kkryk v/d hemel / verlossing van mense.

Paulus – “Ek beskou alles as waardeloos…om XJ as Here te ken oortref…”

Mag die Gees v Xtus ons as gemeente / gelowiges toenemend help om ons identiteit in hierdie Evangelie te soek.

EREDIENSE

Nuutste Preke

Verloën jouself

Verloën jouself

Hierdie jaar gaan meer as ooit gekenmerk word deur groepe wat teenoor mekaar staan. Vanaf die kerk tot by die werk …