Ander Gelowe

Kategese Graad 4-6, Sondag 23 Augustus 2020, Ds Ulrich Ohlhoff

Ander Gelowe

Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!!

Voor jy begin

Word eers stil en bid rustig tot die Here, gesels met Hom oor jou lewe, die week wat verby is, wat in jou hart en gedagtes leef en vra Hom om jou deur vandag se les te leer.

Skriflesing

Johannes 3:16-21

Besprekingsvrae

1.     Wat maak Christenskap anders as ander gelowe?

2.     Het jy al met iemand oor ‘n ander geloof gepraat en hoe was dit?

3.     Hoekom sal jy kies om in Jesus te bly glo?

 

Uitdaging vir die week

Gesels met jou ouers oor wat jy vandag geleer het. Vertel vir hulle wat Christenskap uniek maak en vra vir hulle wat is vir hulle spesiaal van Christenskap. Vra ook vir hulle hoekom hulle in Jesus glo.

Graad 4 – 6

Vorige Lesse

Graad 4-6, Sondag 26 Julie 2020

Graad 4-6, Sondag 26 Julie 2020

Hoe luister ek na God?
Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees

Graad 4-6, Sondag 19 Julie 2020

Graad 4-6, Sondag 19 Julie 2020

Dissipelskap Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!! Het jy laasweek se uitdaging gedoen en...

Graad 4-6, Sondag 12 Julie 2020

Graad 4-6, Sondag 12 Julie 2020

Goeie môre en baie welkom by vandag se kategese les. Vandag wil ek vir julle vertel van ‘n man wie se naam verander het.