Paulus se Bekering

Kategese Graad 4-6, Sondag 12 Julie 2020, Ds Ulrich Ohlhoff

Paulus se Bekering

Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!!

Voor jy begin

Word eers stil en bid rustig tot die Here, gesels met Hom oor jou lewe, die week wat verby is, wat in jou hart en gedagtes leef en vra Hom om jou deur vandag se les te leer.

Goeie môre en baie welkom by vandag se kategese les. Vandag wil ek vir julle vertel van ‘n man wie se naam verander het. Hierdie man was eers bekend as Saulus. Saulus was ‘n baie slim man en hy het sy Bybel baie goed geken. Hy was deel van ‘n groep mense waarvan ons in die Bybel lees, die Farriseërs. Dit het beteken hy het baie van die Bybel geweet en hy het die wette van die Bybel baie goed nagekom. Daar was ongelukkig net een probleem. Saulus het nie vir Jesus geken nie. Hy het net die Ou-Testament geken! Dit het gemaak dat hy gedink het die wat Jesus volg is nie gehoorsaam aan God nie. Tot op ‘n dag waar Hy op pad was Damaskus toe. Kom ons lees wat het toe gebeur. Ons lees dit saam uit Handelinge 9:1-9.

Hierdie ontmoeting met Jesus het gemaak dat Saulus se hele lewe verander het. Hy het nou nie net meer die Ou-Testament geken nie, hy het vir Jesus self geken. Hy het ‘n nuwe mens geword en God het ook vir hom ‘n nuwe naam gegee. God het hom Paulus genoem. Saulus wat Paulus geword het, het na hierdie Jesus met ‘n passie en baie liefde gedien. Hy het almal wat hy kon vertel van Jesus en hy het ook ‘n klomp briewe geskryf wat ons vandag in die Nuwe-Testament van lees. 

Ek wil jou nou nooi om nog oor Paulus te leer deur Fillipense 3:1-16 op jou eie of in jou gesin deur te lees en dan die besprekingsvrae te beantwoord.

 

Onthou ook om hierdie week se uitdaging te gaan doen.

 

Skriflesing

Handelinge 9:1-9 en Filippense 3:1-16

 

Besprekingsvrae

 

  1. Hoe goed dink jy ken jy jou Bybel?
  2. Is dit net belangrik om ons Bybel te ken of moet ons ook ‘n persoonlike verhouding met Jesus hê?
  3. Vra jou ma en pa om jou te vertel hoekom hulle in Jesus glo.

Kom ons bid saam…

Here, dankie dat U Paulus se lewe gebruik het. Gebruik my ook soos wat U wil. Amen.

 

Uitdaging vir die week

Vind hierdie week uit wat dit beteken om ’n dissipel te wees.

Graad 4 – 6

Vorige Lesse

Graad 4-6, Sondag 7 Junie 2020

Graad 4-6, Sondag 7 Junie 2020

Ons kan glo al sien ons nie.
Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek.

Graad 4-6, Sondag 31 Mei 2020

Graad 4-6, Sondag 31 Mei 2020

Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek

Graad 4-6, Sondag 24 Mei 2020

Graad 4-6, Sondag 24 Mei 2020

Welkom by vandag se les. Die stemboodskap dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek.