Sadrag, Mesag en Abednego

Kategese Graad 4-6, Sondag 26 April 2020, Ds Ulrich Ohlhoff

Welkom by vandag se les: Sadrag, Mesag en Abednego

Ons hoop jy gaan vandag se les baie geniet. Kyk die video vir ‘n inleiding en lees daarna die res van die les deur.

God het alles wonderlike geskep, ook my en jou!

Ons lees in Genesis hoe wonderlik God die aarde gemaak het. Hy het oor alles wat Hy gemaak het, gesê dit is goed. Hy sê dit ook oor jou, want HY het jou uniek gemaak!! Daarom kan ons weet ons kan as kinders van God voluit leef en bly wees dat Hy ons gemaak het. Ons is SYNE!

God sorg vir ons

Dit maak ons soms seer as ons weet ons doen die regte goed, maar dit voel asof alles teen ons tel en of alles net verkeerd loop. Maar God weet wanneer ons reg optree, en Hy sal ons nooit alleen los om hierdie moeilike goed te hanteer nie. Daarom hoef ons nie bang te wees om die regte ding te doen nie. As God vir hierdie 3 mans kon sorg in daardie vuuroond wat meer as ‘n duisendmaal warmer is as wat hierdie klein vlammetjie wat netnou ons hande gebrand het, kan Hy ons verseker help met enigiets wat vir ons sleg en moeilik is. VERAL as ons God se gebooie gehoorsaam en vergifnis vra vir dit wat ons wel verkeerd doen!Daniël se vriende kon mekaar help en mekaar aanmoedig om die regte ding te doen. Hulle het saam opgestaan vir dit wat reg is. Net so kan die verkeerde vriende jou goed laat doen wat nie reg is nie. Daarom is die vriende wat ons kies baie belangrik.

Besprekingsvrae

1. Wat dink jy moes deur die koning se gedagtes gegaan het toe hy sien die manne klim lewendig en sonder enige merke uit daardie warm oond?

2. Dink jy God doen vandag nog wonderwerke?

3. Het jy al ooit opgestaan vir iets wat reg is, en dan in die moeilikheid gekom? Hoe het jy gevoel?

4. Het jy goeie vriende wat jou in jou geloof help?

 

Week se uitdaging

Skryf ‘n paragraaf oor hoe jy weet jy en vriende mekaar help om saam vir God te leef, en wat jy en jou vriende kan doen om dit NOG beter te kan doen. As jy kan stuur dit vir jou kategese leier of op julle whatsapp groep.

 

Gebed

Here, dankie dat U altyd daar is. Dankie dat ek nie bang hoef te wees om die regte ding te doen nie. Dankie vir goeie vriende. Amen. 

Graad 4 – 6

Vorige Lesse

Graad 4-6, Sondag 30 Augustus 2020

Graad 4-6, Sondag 30 Augustus 2020

Die liggaam van Christus Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!! Voor jy begin Word eers stil...

Graad 4-6, Sondag 23 Augustus 2020

Graad 4-6, Sondag 23 Augustus 2020

Ander Gelowe.
Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek.

Graad 4-6, Sondag 16 Augustus 2020

Graad 4-6, Sondag 16 Augustus 2020

Sakramente. Welkom by vandag se les. Die video dien as inleiding vir die les. Daarna kan jy die res van die les deurlees en rustig die besprekingsvrae saam met jou gesin bespreek. Onthou ook om die week se uitdaging te doen!! Voor jy begin Word eers stil en bid rustig...